Van Zyl Prokureurs is 'n regsfirma in Brisbane, Queensland Australië en ons beywer ons om aan ons kliënte 'n persoonlike en kwaliteit diens te verskaf in die verkryging van regs- en immigrasie advies hier in Australië.
Met baie jare ondervinding as 'n advokaat/ prokureur (Vyftien jaar as advokaat in Suid-Afrika, Twee jaar in Nieu Seeland en 10 jaar plus in Australië) is die prinsipaal, Dolf van Zyl instaat om u nie net van die nodige regs- en immigrasie advies te bedien nie, maar u ook te help met die opbou van 'n besigheidsnetwerk om u vinning te vestig.
Ons lidmaatskap van die Migrasie Instituut van Australië, geregistreerde migrasie agente (Registrasie Nommer 9795353) en Australies geregistreerde vertalers in Afrikaans/ Engels plaas ons in 'n goeie posisie om kundige migrasie en ander regs en besigheids advies aan ons kliente te verskaf.

